Wie is Ons
GRoep Lewe
Groep lewe is ons primêre versorgings metode. Lofdal is ‘n ideale plek vir die hele gesin om saam met medegelowiges geestelik en sosiaal te verkeer. Deur in te skakel by een van die groepe, word jy deel van mense wat vir jou omgee. Dit is ook die plek waar ons verantwoordelikheid neem vir mekaar. Daar groei ‘n mens ook in bediening en word jou talente en gawes ontwikkel.

TUIS OMGEE GROEPE
RIETFONTEIN: Willie & Petro Venter.
Hier kom 'n klein groepie mense saam en bedien mekaar in 'n geestelike atmosfeer vir 'n uur per week. Dit is die beste manier om te verseker dat lidmate nie alleen staan tydens die verskillende seisoene van hul lewens nie. Ons droom is om Omgee groepe in elke voorstad in ons bedienings area te hê.
AKSIE ENKEL
AKSIE ENKEL OMGEEGROEP
- Past. Adele van Rooyen & Dr. Lukas Jacobs.
Woensdae: 18:30 by Lofdal Koffiehuis is 'n geestelike byeenkoms vir enkellopende manne en vroue. Hier is 'n veilige plek waar enkellopendes vir mekaar omgee en mekaar se laste help dra.

%20(1).png)
Young Adults
YOUNG ADULTS OMGEE GROEP
Op Donderdae: 18:30 in Lofdal Koffiehuis kom die jong volwassenes tot die ouderdom van ongeveer 30 jaar bymekaar. Hier kan hulle op hul eie unieke manier, geestelik groei en mekaar bedien en ondersteun.
Hartklop
- Past. Adele van Rooyen
Hierdie groep is vir lidmate tussen ongeveer 30-50 jaar. Hulle kom gereeld bymekaar om saam te kuier, te eet en gaan ook op uitstappies en kampe. Hartkloppers kuier gereeld Sondae na die Oggenddiens by die Koffiehuis, vir ‘n vinnige koffie saam. Enige een is welkom om deel van die groep te word en inteskakel by hul aktiwiteite.


Plus Minus
- Dr. Lukas & Connie Jacobs
Die groep is vir almal tussen ongeveer 50-65 jaar. Hulle kom gereeld bymekaar om saam te kuier, te eet of gaan op uitstappies. Die Plusminusse drink een keer ’n maand saam koffie na die Oggenddiens by Lofdal Koffiehuis. Enige een is welkom om deel van die groep te word.
Seniors
Seniors
- Past. Gawie & Irma de Bruyn
Almal bo 65 jaar is deel van hierdie groep en hulle word bedien deur die Seniorkomitee onder leiding van Past. Gawie. Midweekdienste word Donderdae 10:00 in die kerk aangebied. Die Seniors kuier saam na die Midweekdiens by die Koffiehuis. Daar word ook gereeld funksies, uitstappies en byeenkomste vir hulle gereël.

Kinder en jeugbediening
Kleuters, Kinders en Tieners word Sondae tydens Oggenddienste bedien. Nagmaal Sondae (1ste Sondag van elke maand), langnaweke en skoolvakansies is daar geen Kinderkerk of Tienerkerk nie en moedig ons ouers aan om die diens as gesin by te woon.
.png)
B.L.E.S.S YOUTH
TIENERKERK:
Die jongmense kom Vrydagaande en Sondagoggende tydens Oggenddienste in die Jeuglokaal bymekaar. Hier word jongmense van Gr.7-Gr.12 op 'n alternatiewe manier bedien deur; fellowship, worship, woordbediening en kleingroepies. Hier groei en ontwikkel tieners geestelik en vind en leef hul bediening uit.
Kleuterkerk
Jolande Grobler en die Crew
In die Kleuterlokaal word kinders vanaf 4 jaar op kreatiewe maniere in 'n veilige omgewing bedien. Daar word “Arts & crafts” en Bak & Brou gedoen, Bybelliedjies gesing en na Bybelstories geluister.


Kinderkerk
Sondagoggend tydens Oggenddiens, word kinders vanaf Gr1-Gr7 in die Kidszone bedien.
Hier het hulle baie "PRET & PRAISE". Die kinders word Bybelse beginsels op ‘n relevante, prettige en kreatiewe manier geleer.
