top of page
Dienste-6.jpg

Ontmoet ons pastore

Ons Pastore:

Dr. Lukas & Connie (1).jpg
Dr Lukas en Connie Jacobs
Past. Adele (1).jpg
Past. Adele en Werner van Rooyen
Past. Ansie (1).jpg
Past. Ansie Du Preez

Die presiderende herderspaar wat werklik omgee vir Lofdal Familie. Hulle bedien Lofdal sedert 2014. Dr. Lukas se dinamiese bediening word gekenmerk deur Woord-gefundeerde prediking en die werking van die Heilige Gees. Sy passie is dat mense gered en emosioneel heel moet wees, daarom bied hy gereeld Lering oor verskeie onderwerpe, in die vorm van Seminare en Woordskole aan. Dr. Lukas het ook ‘n sterk manne-bediening, waar hy die mans op Maandag aande in die Kleingroep bedien. Connie het ‘n groot passie vir die bediening en is in beheer van die Vroue Aksie, Welsyn en is ook betrokke by die Kinderkerk. Onder hulle bedieninge het die Gemeente van krag tot krag gegaan en ons gee al die eer aan die Here en is dankbaar vir die guns en seën wat op hul bediening rus.

 

Presiderende Pastoor:

Dr. Lukas Jacobs: 0832616848

Connie Jacobs: 0727763468

Past. Adele en Werner van Rooyen is Medeleraarspaar vanaf 2023. Past. Adele bedien die Aksie Enkel Kleingroep en vou hulle toe met liefde en hulle groei geestelik onder haar bediening. Sy het ‘n passie vir gebroke mense en doen berading en hospitaal besoeke waar sy hulle met groot sorg bedien. Past. Adele staan aan die leiding van die Hartklop groep wat die 30-50 jariges insluit en sy doen dit met groot ywer.

​

Medeleraar: 

Past. Adele van Rooyen: 0823221721

Past. Ansie Du Preez is vanaf 2012 in beheer van Lofdal se Sonheuwel Bediening, Evangelisasie Aksies en Uitreik Aksies. Onder haar leiding word Gebeds-Evangelisasie en Uitreike na Tehuise vir gestremdes, Ouetehuise en ander instansies in die Moot area gereël. Past. Ansie bereik en bedien baie mense op verskillende vlakke en soms onder moeilike omstandighede. Sy doen groot werk en die seën van die Here rus op haar bediening.

​

Uitreikebediening:

Past. Ansie Du Preez: 0845150091

Past. Gawie & Irma (1).jpg
Past. Gawie en Irma Du Bruyn

Past. Gawie en Irma Du Bruyn bedien Lofdal se Seniors al vanaf 2019. Hy lei elke Donderdag die Midweekdiens in die kerk. Ons het ‘n baie aktiewe Senior groep vir almal bo 65 jaar. Hulle gaan op uitstappies en funksies word spesiaal vir hulle gereël, dan kuier hulle elke Donderdag na die Midweekdiens saam by die Koffiehuis. Past. Gawie bedien ook deur die week by verskeie Ouetehuise in die Moot.

​

Seniorsbediening:

Past. Gawie Du Bruyn: 0827868161

Past. Simeon (1).jpg
Past. Simeon de Bruyn

Past. Simeon de Bruyn is Lofdal se Jeugpastoor. Hy is die jongste op die span en die kortse in die Gemeente, maar ons glo die Here gaan hom kragtig gebruik en dat hy ‘n groot impak onder ons jongmense gaan maak. Hy bedien die Tieners op Vrydae en Sondae oggende hou hy Jeugkerk in die Jeuglokaal. Hy lei ook die Young Adults Kleingroep wat Donderdae bymekaar kom.

​

Jeugbediening:

Past. Simeon De Bruyn: 0613178330

645 Ben Swart St, Gezina, Pretoria, 0031
Telefoon: 012 331 2844
E-pos: admin@agslofdalgezina.co.za

  • White YouTube Icon
  • White Facebook Icon

AGS Lofdal Gezina ©2025 by Webformation.

bottom of page