Bedieninge
BEDIENINGS GELEENTHEDE:
Deur in te skakel en deel te word van ‘n Bedieningsgroep word jy deel van die Lofdal Familie. Deur betrokke te wees word jy deel van die Liggaam van Christus waar ons omgee vir mekaar, mekaar ondersteun en verantwoordelikheid neem vir mekaar. Dit is ook ‘n manier om Geestelik te groei en om jou talente en gawes te ontwikkel en te gebruik in God se Koninkryk.
Gebedsbediening
01
Vroue Biduur
- Ansie van Wyk
Dinsdae om 10:00 kom vroue in die Raadsaal bymekaar vir 'n vrouebiduur. Hier word mekaar se laste gedra en vir behoeftes gebid. Alle vroue is welkom om deel hiervan te wees.
02
Voorbidders
- Betsie Terblanche
Woensdae om 10:00 kom die voorbidders in die Raadsaal bymekaar. Daar word ook ernstig vir versoeke gebid in hierdie tyd. Enige een is welkom om deel hiervan te wees.
Bemoedigingsspanne
- Dr. Lukas Jacobs & Past. Adele van Rooyen
Dit is mense wat in spanne uitbeweeg en lidmate gaan besoek wat siek is of 'n krisis beleef. Hulle ondersteun en bid saam met ander in nood. Besoeke word gebring aan: Bejaardes, Weduwees en Wewenaars, Siekes, Eensames, ens. Mense word bemoedig wat deur 'n krisistyd gaan bv.; werk verlies en met afsterwe van 'n gesinslid, ens. Kontak Dr. Lukas indien jy deel van hierdie bediening wil wees.
Sang en musiekbediening
-Elsabe van Loggerenberg
Hierdie bedieningsgroep se passie is om spontane Geesgevulde lof en aanbidding te skep. Die musiekspan se visie is NIE om 'n professionele, foutlose vertoning met die beste sangers en musikante te lewer nie, maar om God se teenwoordigheid waarlik te ervaar.
Hulle bestuur alle sake wat verband hou met die orkes, voorsangers, aanbiddings leiers, keuse van liedere en aanleer van nuwe liedere. Die beheer van die projektor, “streaming” van die dienste en klankopnames word ook deur hulle hanteer.
Daar is altyd ruimte vir hulp en nuwe lede wat saam in die span wil bedien. Geesgevulde mense met sang en musiek talente en wat goeie waardes het, lojaliteit en getrou is met 'n passie vir worship, is welkom om vir oudisies te kom. Oefeninge is op Donderdagaande 19:00. Vir oudisies kan Elsabé gekontak word.
Vroue aksie
- Connie Jacobs
Die Vroue Aksie is 'n energieke, lewenslustige groep vroue wat 'n atmosfeer wil skep waar vroue tuis en geliefd voel. Vroue word aangemoedig om betrokke te raak en diensbaar te wees. Hulle skep geleenthede waar vroue kreatief kan wees en hul talente en passie kan uitleef. Dit is 'n platform waar vroue die geleentheid kry om saam te werk, te lag, te eet en te speel en mekaar beter te leer ken en verhoudinge te bou. Skakel gerus in en help waar jy kan, by die aksies wat deur die Vroue Aksie reg deur die jaar gehou word.
Onthale en funksies
Die Vroue Aksie is verantwoordelik vir die organisering en uitvoering van sosiale en geestelike byeenkomste in Lofdal. Samekomste, fondsinsamelings, funksies en ander aktiwiteite word gereël waar lidmate die geleentheid kry om saam te werk tot die opbou van die liggaam van Christus. Bv.; Senior ete, Dameskonferensie, Dames tee, Karnaval, Gemeentefees, ens.
Welsyn aksie
- Connie Jacobs
Die Welsyn Aksie ondersteun lidmate wat NOOD beleef. Krisis ondersteuning word aan lidmate wat deur 'n moeilike tyd gaan gegee, deur o.a.; kos, klere, maatskaplike raad, ens. Alhoewel daar sporadies na behoeftige-gemeenskappe uitgereik word, is ons fokus grotendeels op nood binne die gemeente.
01
Klere Stoortjie
- Kerkkantoor
Daar is klere beskikbaar vir mense wat nood ervaar en daar kan met die Kerkantoor gereël word wanneer dit afgehaal kan word.
Ons ontvang graag skoon, bruikbare tweedehandse klere, skoene, beddegoed, ens. Dit kan by die Kerkkantoor afgegee word.
02
Kospakkies
- Santie van Niekerk & Connie Jacobs
Kospakkies word aangekoop en uitgedeel soos behoefte opduik. Finansiële bydraes is baie welkom om te help met hierdie bediening.
Uitreike
- Past. Ansie du Preez
Indien jy 'n hart en bediening het om ander wat minder bevoorreg is en in nood verkeer te help, is hier 'n geleentheid waar jy betrokke kan raak. Daar word altyd hande benodig om te help met aankope, kos kook en opdien, kinderbediening, voorsangers en nog baie ander dinge. Kontak Past. Ansie as jy betrokke wil raak.
01
Sonheuwel
Dit is 'n behoeftige blanke woonbuurt buite Pretoria waar ons 'n gemeente gestig het. Daar is 'n kerk-tent opgerig met al die nodige benodighede. Die inwoners van die park word deur Past. Ansie en haar Uitreikespan in hul gees, siel en liggaam bedien. Die Woord van die Here word elke Woensdag en Sondag bedien en daarna word daar etes aan almal gegee wat die dienste bywoon.
02
Uitreik Aksies
Past. Ansie organiseer uitreike na plekke en organisasies in die Moot area. Met die aksies word mense se harte en lewens aangeraak en Jesus se liefde gedemonstreer. Uitreike bedien by Alfa&Omega Ouetehuis en Louis Botha Kinderhuis. Uitreike na ander tehuise word ook gereël.
Evangelisasie Ondersteuning
- Dr. Lukas Jacobs
BID + GEE + GAAN is waaruit die Evangelisasie Aksie bestaan. BID - vir die uitbreiding van die Koningryk van God en vir die mense wat die evangelie verkondig. GEE offergawes om dit moontlik te maak vir ander om die evangelie te verkondig. GAAN - ons ondersteun die volgende persone wat bereid is om die Goeie Nuus te verkondig; Pastoor Ansie, Sending Aksie in Indië en die Gemeente vir Dowes.
Dekor en Drama Bediening
01
Drama Groep
Dit is 'n behoeftige blanke woonbuurt buite Pretoria waar ons 'n gemeente gestig het. Daar is 'n kerk-tent opgerig met al die nodige benodighede. Die inwoners van die park word deur Past. Ansie en haar Uitreikespan in hul gees, siel en liggaam bedien. Die Woord van die Here word elke Woensdag en Sondag bedien en daarna word daar etes aan almal gegee wat die dienste bywoon.
02
Versier en Mooimaak
Die Vroue Aksie is verantwoordelik om die kerk en fasiliteite te versier en `n aangename atmosfeer te skep waar mense welkom kan voel en op hul gemak kan wees.
02
Lofdanse
Past. Ansie organiseer uitreike na plekke en organisasies in die Moot area. Met die aksies word mense se harte en lewens aangeraak en Jesus se liefde gedemonstreer. Uitreike bedien by Alfa&Omega Ouetehuis en Louis Botha Kinderhuis. Uitreike na ander tehuise word ook gereël.
Gasvryheidsbediening
01
Helpers
Hierdie groep manne en vroue se funksie is om besoekers en lidmate welkom, gemaklik en tuis te laat voel by die kerk en tydens die dienste. Hulle take sluit in: mense te groet en te verwelkom by die deure, uitdeel van welkombriefies, opneem van offergawes en enige ander hulp wat nodig is voor en tydens die eredienste. As jy 'n passie het vir mense en 'n gawe het om ander tuis en welkom te laat voel, kan jy vir Dr. Lukas kontak om by hierdie bediening betrokke te raak.
02
Motorwagte
- Santie van Niekerk
Hierdie is manne wat bereid is om voor en na die dienste die verkeer te beheer en tydens die dienste die motors op te pas. Daar is altyd `n behoefte aan hulp, meld asb. aan as jy hiermee wil help.
Instandhouding en Tuine
- Nico van Loggerenberg
Die geboue en tuine het deurentyd aandag en instandhouding nodig. Vir groot projekte word kwotasies ingewin en word van professionele hulp gebruik gemaak, maar daar is 'n behoefte aan vakmanne wat kan help met alledaagse klein instandhouding werkies. Indien jy 'n vakman is en bereid is om te help met sekere take op die kerkterrein sal ons bly wees as jy die kerkkantoor sal kontak.
