top of page
Dienste-6.jpg

Welkom by

AGS Lofdal Gezina

Ons Droom

'n Familie wat opreg vir mekaar omgee en waar besoekers, vreemdelinge en sondaars altyd welkom is. Lofdal streef om 'n Dinamiese Geesvervulde Gemeente te wees waar alle ouderdom mense welkom is en op hul unieke vlak bedien word.

Welkom slide.jpg
About

Ons Pilare

Groen.png

GROEI EN TOERUSTING

In Lofdal word daar ruimte geskep vir groei en toerusting. Die relevante lering deur Prediking, Woordskole en Kinder- en Jeugbediening is daarop gemik om ‘n definitiewe groei uit te lok. Die Woord word sonder kompromie verkondig met die doel dat almal tot volwassenheid in die Here kan groei.

blou.png

HEILIGE GEES WERKING EN BEDIENINGE

Die Heilige Gees het ‘n sentrale plek in Lofdal se dienste en ons maak graag ruimte vir die leiding van die Heilige Gees. Die werking van die Gawes van die Heilige Gees en die uitleef van verskillende Bedieninge is vir ons belangrik. Ons droom is dat elke lidmaat hul bediening sal ontdek en sal uitleef.

Rooi.png

VERSORGING DEUR OMGEE EN UITREIK

By Lofdal wil ons hê almal moet welkom, tuis en veilig voel. Ons aanvaar die opdrag om mekaar lief te hê en na mekaar om te sien. Dit behels om ruimte te maak vir mekaar en mekaar te versorg - gees, siel en liggaam.

Oranje.png

GEÏNSPIREERDE AANBIDDING EN NAVOLG VAN JESUS

As gemeente wil ons God spontaan en met oorgawe en opregtheid aanbid. Ons wil ook ‘n aanbiddingslewe na buite leef en navolgers van Jesus wees. Verloregaande mense is vir God belangrik, daarom moet ons uitreik na hulle deur die evangelie met woord en daad uit te leef.

645 Ben Swart St, Gezina, Pretoria, 0031
Telefoon: 012 331 2844
E-pos: admin@agslofdalgezina.co.za

  • White YouTube Icon
  • White Facebook Icon

AGS Lofdal Gezina ©2026 by Webformation.

bottom of page