ONS PILARE
![](https://sp-ao.shortpixel.ai/client/to_webp,q_glossy,ret_img/https://www.agslofdalgezina.co.za/wp-content/uploads/2020/06/c7bb3b5a666cd2d90e34a061ba0c8bb0_1.1.jpg)
GROEI EN TOERUSTING
In Lofdal word daar ruimte geskep vir groei en toerusting. Die relevante
lering deur Prediking, Woordskole en Kinder- en Jeugbediening is daarop gemik
om ‘n definitiewe groei uit te lok. Die Woord word
sonder kompromie verkondig met die doel dat almal tot volwassenheid in
die Here kan groei.
![](https://sp-ao.shortpixel.ai/client/to_webp,q_glossy,ret_img/https://www.agslofdalgezina.co.za/wp-content/uploads/2020/06/bf8d9895ce4520e96b8e4b2b8e11c683_1.2.jpg)
HEILIGE GEES WERKING EN BEDIENINGE
Die Heilige Gees het `n sentrale plek in Lofdal se dienste en ons maak graag ruimte vir
die leiding van die Heilige Gees. Die werking van die Gawes van die Heilige
Gees en die uitleef van verskillende Bedieninge is vir ons belangrik. Ons droom
is dat elke lidmaat hul bediening sal ontdek en sal uitleef.
![](https://sp-ao.shortpixel.ai/client/to_webp,q_glossy,ret_img/https://www.agslofdalgezina.co.za/wp-content/uploads/2020/06/dafbb2427b72d658240b2dc2c0f11a93_1.3.jpg)
VERSORGING DEUR OMGEE EN UITREIK
By Lofdal wil ons hê almal moet welkom, tuis en veilig voel. Ons aanvaar
die opdrag om mekaar lief te hê en na mekaar om te sien. Dit behels om ruimte te
maak vir mekaar en mekaar te versorg - gees, siel en liggaam.
![](https://sp-ao.shortpixel.ai/client/to_webp,q_glossy,ret_img/https://www.agslofdalgezina.co.za/wp-content/uploads/2020/06/22205a04e334de08251349ed0b75807d_1.4.jpg)
GEINSPIRERENDE AANBIDDING EN NAVOLG VAN JESUS
As gemeente wil ons God spontaan en met oorgawe en opregtheid
aanbid. Ons wil ook `n aanbiddingslewe na buite leef en navolgers van Jesus wees.
Verloregaande mense is vir God belangrik, daarom moet ons uitreik na hulle deur
die evangelie met woord en daad uit te leef.